Cause Index

Fontainebleau Gemeenskapskerk

Fontainebleau Gemeenskapskerk is 'n gemeente wat eie-tyds is, veeltalig e multi-kultureel. Ons wil die breƫ gemeenskap bedien met 'n spesifiek fokus op Gauteng en suidelike Afrika. Indien jy nuut is by Fontainebleau, jouself hiermee kan vereenselwig, en lid van die gemeente wil word, hoor ons graag van jou!

As 'n Gereformeerde gemeente is ons gereformeerde leer vir ons belangrik, maar nie belangriker as om met egtheid ons roeping uit te leef nie. Omdat ons Gereformeerd is, soek ons die heel tyd na nuwe manier om die geloof wat ons deel uit te druk te midde van die diversiteit van mense, hulle behoeftes en voorkeure.

Deur middel van eredienste, kleingroepe en toerustingskursusse berei ons onsself voor vir die roeping. Terwyl die Sentrum van Deernis 'n plek skep waar mense gesond en heel kan word in gesprekke met pastorale versorgers en predikante, bied kleingroepe en belangegroepe sosiale en ontwikkelingsgeleenthede aan.

Ons betrokkenheid in die gemeenskap kom tot uitdrukking in projekte wat wissel van werkskepping en opleiding, tot by die versorging van HIV-geaffekteerdes, kindersorg, voedingskema's en werk in skole op die platteland van Limpopo-provinsie.

Stuur vir ons 'n vinnige e-pos met jou naam en kontakbesonderhede na info@fgk.co.za This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it