Cause Index

Pay it Forward Christusfees

Ons is opgewonde om u mee te deel dat ‘n suksesvolle Pay it Forward Christusfees aangebied was vanaf 21 – 26 Mei 2019. Hierdie Christusfees is ‘n interkerklike fees waar verskeie gemeentes asook verskeie skole hande gevat het. Die week was aangebied deur welbekende Gospel sangers en spreekers. Daar was uitreike gedoen na laerskole, hoërskole en ouetehuise. Die week het ook ’n damestee en drie groot gospel aande ingesluit, onderskeidelik in Despatch, Uitenhage en Kirkwood.

Ons het +/- 5000 kinders by die skole bereik met ‘n duidelike boodskap teen anti-boelie, emosionele en fisiese mishandeling. 10 Ouetehuise was besoek en bedien. Daar was ‘n vrouetee waar 400 vroue teenwoordig was en drie groot gospelaande wat groot skares opgelewer het.

Die maand voor die fees het ons ‘n “30 Day Pay it Forward Challenge” gehardloop. Gedurende die 30 dae was groot doelwitte bereik, bv. Bome was geplant by skole, strate was skoon gemaak, groot donasies vir die SPCA/DBV was ingesamel, ‘n doelwit van 20 eenhede bloed was gestel deur die SANBS en daar was 69 eenhede bloed geskenk.

Ons kyk terug en is diep dankbaar teenoor ons Hemelse Vader en teenoor elkeen wat betrokke was by die Christusfees in 2019. Deur Genade was dit ‘n reuse sukses.

Ons is opgewonde om weer hierdie Christusfees aan te bied in Despatch, Uitenhage en Kirkwood!!!

Ons doelwit in 2020 is om dubbel die hoeveelheid getalle te bereik.

Datum
Die datum van die fees sou: 13 tot 19 Julie 2020 gewees het. A.g.v die COVID19 pandemie, is die fees eers afgestel tot verdere kennisgewing.

ONS LIEFDEDADIGHEIDS PROJEKTE GAAN DUS VOORT. ONS HET 'N NOODSPENS WAT TYDENS DIE COVID19 PANDEMIE BESTUUR WORD EN ONS VRA GRAAG U BYDRA EN ONDERSTEUNGING.

Vennootskap
Hiermee word u genader om ‘n vennoot te raak van die Pay It Forward Christusfees 2020 deur finansiële ondersteuning aan die projek te bied deur ‘n donasie, wat sal meehelp om ‘n verskil te maak in ons gemeenskap.

Baie dankie dat u, u betrokkenheid by hierdie fees gunstig sal oorweeg en ons waardeer enige bydrae tot hierdie fees.

‘n Maandelikse debietorder kan geteken word.

Indien u enige verdere navrae insake die Pay It Forward Christusfees het, kan u gerus die ondergetekende skakel.

Byvoorbaat baie dankie
Sonja Du Preez
Voorsitter