Cause Index

Kinders van die Lig

Kinders van die Lig het in 1997 ontstaan as ‘n evangelisasie en uitreikaksie van die Afrikaanse Protestantse Kerk Pretoria-Oos. Huidiglik staan Kinders van die Lig onder toesig van die Afrikaanse Protestante Kerke van Pretoria-Oos en Wesmoot. Kinders van die Lig wil uiting gee aan God se opdrag deur sy Woord te verkondig deur middel van jeugkampe. Ons wil nie alleen die Lig in die duister wêreld laat skyn nie, maar ons wil ook die vlam in harte aansteek wat dit weer verder kan dra. Daarom poog ons om die nodige toerusting en ondersteuningsraamwerk aan die kinders te verskaf waardeur hulle selfstandige dissipels van Jesus Christus kan word. Alhoewel ons op die kinders fokus poog ons ook om die Lig deur te laat breek aan die ouers en so ook aan die hele gemeenskap.