Cause Index

NG Kerk Alberton-Wes

NG Gemeente Alberton-Wes
Die gemeente van Alberton-Wes vorm deel van die gelowiges binne die Ring van Alberton. Daarom het ons deel het aan die uitbou en opbou van God se Koninkryk.

Die voortdurende groot ontdekkingsreis is om opsoek te wees na die wil van God en die verantwoordelikheid wat ons het teenoor die gemeenskap. As die oudste NG Kerk Alberton glo ons dit ons ons verantwoordelikheid om nie net letterlik nie, maar ook om geestelik 'n baken in die dorp van Alberton te wees.

Die primere taak is natuurlik om die evangelie van Jesus Christus vir Alberton te bring om die gemeenskap gemotiveerd te hou in hulle omstandighede en om as geroepenes ons plek die wereld vol te staan. Mag die Here deur ons werk, sodat, Sy koninkryk kom.