Cause Index

SOLIDARITEIT VAKBOND

Solidariteit het die onsekerhede in ons land raakgesien en besluit om iets positiefs daaraan te doen met jou hulp. Die Solidariteit Beweging besef hoe noodsaaklik goeie opleiding in skaars vaardighede is en dit is juis die knelpunt wat deur die Boufonds aangepak word. Met reeds bestaande Solidariteit-opleidingsinstansies, Sol-Tech en Akademia, word jongmense die geleentheid gebied om vir hulself die nodige kennis te bekom om as ʼn minderheidgroep in ʼn meederheid- samelewing te kan floreer.

Die Boufonds is deur Solidariteit tot stand gebring omdat die vakbond glo dat kennis die beste manier is om sy lede in die nuwe, onsekere ekonomie te beskerm. Die Boufonds het juis ten doel om na die behoefte van sy mense en die toekoms om te sien.