Cause Index

ToekomsVonk

ToekomsVonk is geregistreer op 13 September 2017 na aanleiding van ‘n behoefte wat geidentifiseer is om ‘n organisasie vir die mense, deur die mense, daar te stel wat ons Volk weer selfstandig kan maak op alle lewensterreine.

ToekomsVonk se visie is om ‘n gebroke Volk te herstel na ‘n selfstandige, onafhanklike en trotse Volk. (As Volk bedoel ons ALLE mense van Europese herkoms wat afstammelinge is van die oorspronklike Europese setlaars. Om deur dieselfde prosesse sodoende ook dieselfde beter omstandighede te bewerkstellig vir ander minderheidsgroepe, of diegene van die meerderheid wat ons doelwitte steun. Ons is en bly eerstens ‘n Christen Afrikaner groep.)

Om ons Volk selfstandig te maak op alle lewensterreine. (Om ‘n katalis vir verandering te wees in Suid-Afrika deur minderheidsgroepe ‘n platform en ‘n stem te gee. Om korporatiewe en gemeenskapsorganisasies, sowel as die regering en media, bewus te maak van die hoeveelheid steun wat daar is vir ons doelwitte.)